首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Fosfor in geselekteerde onversteurde en bewerkte Suid-Afrikaanse gronde 1. Totale, anor...
Fosfor in geselekteerde onversteurde en bewerkte Suid-Afrikaanse gronde 1. Totale, anorganiese en organiese fosfor

 

作者: A.J. van Zyl,   C.C. du Preez,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1997)
卷期: Volume 14, issue 1  

页码: 9-17

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1997

 

DOI:10.1080/02571862.1997.10635074

 

出版商: Taylor & Francis Group

 

关键词: Organic carbon;organic phosphorus ratios;sequential extraction;total nitrogen;total sulphur

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Min is bekend oor die effek van boerderypraktyke soos bewerking, bemesting en bekalking op die fosforfraksies in gronde van die somerreënvalgebied (25°-30°S; 24°–30°O) in Suid-Afrika. Die doelstellings van die studie was om die effek van gewasverbouing op die totale (Pt), anorganiese (Pa) en organiese (Po) fosforfraksies van hierdie gronde te kwantifiseer en om vas te stel hoe die Pa- en Po-fraksies, wat ten opsigte van planttoeganklik- heid verskil, deur gewasverbouing beïnvloed word. Siegs die effekte van gewasverbouing op Pt, Paen Poword hier gerapporteer. Bewerkte en nabygeleë onversteurde bogronde (0–200 mm) is by 50 lokaliteite, wat verspreid in die ondersoekgebied voorkom, versamel. 'n Opeenvolgende ekstraheringsprosedure is gebruik om die Pa(NaHCO3-Pa, NaOH-Pa, HCI-Paen residuele-Pa) en Po(NaHCO3-Po, NaOH-Poen residuele-Po) in die monsters te fraksioneer vir kolorimetriese bepaling. Daarna is Pt, Paen Podeur sommering van die relevante fraksies bereken. Die Ptvan die bewerkte gronde was in 76% van die gevalle groter as die van nabygeleë onversteurde gronde. Dit is omdat die toename in Paweens bemesting groter was as die afname in Poweens mineralisasie. Gevolglik is die bydrae van Patot Ptgroter as die van Potot Ptin die bewerkte gronde, wat nie die geval in die onversteurde gronde was nie. Die korrelasies van organiese C, totale N en totale S met Poin die bewerkte gronde is oorwegend lare as in die onversteurde gronde. In beide die onversteurde en die bewerkte gronde het Pt, Paen Pogoed onderling gekorreleer. Klimaatsparameters en grondeienskappe het 'n kleiner persentasie van die variasie in die drie fosforfraksies verklaar.

 

点击下载:  PDF (577KB)



返 回