首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Anorganiese stikstof in mieliegronde van die Oranje-Vrystaat en Transvaal met planttyd,...
Anorganiese stikstof in mieliegronde van die Oranje-Vrystaat en Transvaal met planttyd, 1984

 

作者: du PreezC.C.,   BurgerR.du T.,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1986)
卷期: Volume 3, issue 3  

页码: 148-150

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1986

 

DOI:10.1080/02571862.1986.10634211

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Inorganic nitrogen content;maize soils;nitrogen recommendations

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Ondersoek is ingestel na die hoeveelheid anorganiese stikstof wat met planttyd gedurende die 1984/85-seisoen in mieliegronde van die Oranje-Vrystaat en Transvaal teenwoordig was. By 82 lokaliteite, wat verspreid oor hierdie gebied voorkom, is grondmonsters ingesamel. Grondmonsters is op 300 mm diepte-intervalle, tot 'n maksimum diepte van 1 200 mm geneem. Die ammoniumen nitraatinhoud van hierdie monsters is bepaal. Alhoewel die anorganiese stikstofinhoud van hierdie gronde baie tussen lokaliteite varieer, was dit van so 'n omvang dat dit beslis by stikstofbemestingsaanbevelings in berekening gebring behoort te word. Dit is veral die anorganiese stikstof in die ondergrond wat van belang is. Die anorganiesestikstof kon opgebouhet as gevolg van droogtetoestande en lae oesopbrengste gedurende die voorafgaande jare.

 

点击下载:  PDF (240KB)



返 回