首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 'n Nuwe benadering tot die bepaling van hitte-eenhede vir sonneblom
'n Nuwe benadering tot die bepaling van hitte-eenhede vir sonneblom

 

作者: LoubserH.L.,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1986)
卷期: Volume 3, issue 1  

页码: 41-44

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1986

 

DOI:10.1080/02571862.1986.10634184

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Development;heat units;prediction;sunflower

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Die konvensionele metode vir die bepaling van hitte-eenhede is vergelyk met 'n nuwe benadering. Data uit sewe kultivarproewe insluitende daaglikse maksimum en minimum temperature is gebruik om die hitte-eenhedevereistes van drie kultivars te bepaal. Twee vergelykings is gebruik, een verteenwoordig die konvensionele hitte-eenhedebenadering en die ander een die nuwe benadering. Onafhanklike data van 16 kultivarproewe, wat oor drie jaar uitgevoer is, is gebruik om die voorspellingswaarde van die verskillende vergelykings vir die somerreënsaaigebiede van Suid-Afrika te toets. Akkumulasies van relatiewe hitte-eenhedeY, wat volgens die vergelykingY=−0,014X2+ 1,08X- 6,9 waarX= (2Tx+Tn)/3,Tx= daaglikse maksimum temperatuur enTn= daaglikse minimum temperatuur, bereken is, het die beste voorspellings gegee van die aantal dae van plant tot 50% blom. Kriteria wat gebruik is om voorspellingswaarde te beoordeel is: goeie ooreenstemming tussen gemiddeldes van die werklike en berekende aantal dae tussen plant en blom, klein afwykings van berekende waardes vanaf hul gemiddeldes en temperatuuronafhanklikheid van die afwykings. Beoordeel volgens hierdie norme is die nuwe benadering meer betroubaar as die ou benadering en behoort dus gebruik te word om die ontwikkeling van sonneblom te voorspel vir die somerreënsaaigebiede van Suid-Afrika.S.-Afr. Tydskr. Plant Grond1986, 3: 41–44

 

点击下载:  PDF (279KB)



返 回