首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Invloed van bemesting op sonneblomme. I. Saadopbrengs
Invloed van bemesting op sonneblomme. I. Saadopbrengs

 

作者: LoubserH.L.,   GrimbeekC.L.,   BronkhorstBeulah,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1988)
卷期: Volume 5, issue 2  

页码: 71-74

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1988

 

DOI:10.1080/02571862.1988.10634255

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Nitrogen;phosphorus;potassium;seed yield;sunflowers

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Bemestingsproewe is by drie lokaliteite oor vier seisoene uitgevoer deur 'n ongerepliseerde 43-gestrengelde faktoriaaluitleg te gebruik. Peile het gewissel van 0 tot 150 kg N ha−1, 0 tot 45 kg P ha−1, 0 tot 60 kg K ha−1by twee lokaliteite en by die derde is dieselfde N- en P-peile gebruik, maar die derde faktor was kalk met peile wat gewissel het van 0 tot 6 000 kg ha−1. Die resultate toon dat 'n saadopbrengs van 1 300 kg ha−1verkry kan word sonder N-bemesting, terwyl 'n saadopbrengs van 2 000 kg ha−160 kg N-bemesting ha−1benodig. Reaksiekrommes is gepas. Op 'n enkele uitsondering na was daar geen beduidende P- en K-reaksies waar die grondfosfor- en kaliumvlakke van 10 tot 60 mg kg−1(Bray 2) en 0,3 tot 0,5 me 100 g−1onderskeidelik was nie. Die gevolgtrekking word dus gemaak dat 10 mg kg−1P (Bray 2) en 0,3 me 100 g−1K in die grand voldoende is vir opbrengste van tot 2 000 kg ha−1. Kalk het slegs die saadopbrengs verhoog waar die pH (KCl) minder as 4,6 was.

 

点击下载:  PDF (337KB)



返 回