首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Urease-aktiwiteite in gronde van die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika
Urease-aktiwiteite in gronde van die sentrale besproeiingsgebiede in Suid-Afrika

 

作者: ThormählenF.P.J.,   du PreezC.C.,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1991)
卷期: Volume 8, issue 1  

页码: 48-53

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1991

 

DOI:10.1080/02571862.1991.10634579

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Ammonia toxicity;cation exchange capacity;clay;nitrogen fertilizers;organic carbon;urea;volatilization

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Die oogmerk met die studie was om die omvang van urease-aktiwiteite in die besproeide grondevas te stelen watter grondparameters dit beïnvloed. Die verloop van hidrolise is in agt gronde, afkomstig van die sentrale besproeiingsgebiede, gemonitor na toediening van ureum teen die ekwivalent van 100 kg N ha−1aan beide die bo- en ondergronde. Tydens inkubasie by 30°C Is die ureumstikstof op gereeide tydsintervalle gemeet. Die data is gebruik om die urease-aktiwiteite van die verskillende gronde te bereken. Die urease- aktiwiteit in die bogronde het gevarieer tussen 1.23 en 7.37 mg N kg−1grond uur−1en in die ondergronde tussen 0.80 en 11.10 mg N kg−1grond uur−1. Al die ureum wat aan die bogronde toegedien is, is na 10–49 uur gehidroliseer en diéaan die ondergronde na 8–76 uur. Gedurende hierdie periodes kan loging van ureum plaasvind weens oormatige reën en/of besproeiing. Gedurende hidrolise van ureum het die pH-waar- des van sommige gronde met meer as een eenheid gestyg wat 'n aanduiding is dat groot hoeveelhede NH3kan vorm wat danóf vervlugtigóf fitotoksies vir saad en saailinge kan wees. Die gevaar van ammoniakver- vlugtiging en-vergiftiging is ongeveer 10–43 uur na ureumtoediening die grootste. Die urease-aktiwiteite van die gronde het die beste gekorreleer met klei-inhoud, terwyl goeie korrelasies ook met organiese koolstof- en totale stikstofinhoudeen met katioonadsorpsievermoëgevind is.

 

点击下载:  PDF (490KB)



返 回