首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Die invloed van grondbewerking op vroeëwortelontwikkeling en biomassa van koringkultiva...
Die invloed van grondbewerking op vroeëwortelontwikkeling en biomassa van koringkultivars (Triticum aestivumL.)

 

作者: SteynJ.T.,   TolmayJ.P.C.,   HumanJ.J.,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1995)
卷期: Volume 12, issue 4  

页码: 147-151

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1995

 

DOI:10.1080/02571862.1995.10634355

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Biomass;root development;tillage systems;Triticum aestivum

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Dit is bekend dat 'n goeie wortellengte en/of worteldigtheid in die eerste paar weke belangrik is om goeie saailingvestiging te verkry. Die doel van hierdie studie was om die uitwerking van minimumbewerking (wisselgangskotteleg en vlerkskaar), beitelploeg- en konvensionele bewerking op die groei van koring ten opsigte van vroeëwortelontwikkeling en biomassa te evalueer. Hierdie bewerkingsbehandelings is oor 'n periode van drie jaar op 'n Avalon sandkleileemgrond in die Sentraal-Vrystaat uitgevoer. Grondwaterinhoud was tydens plant dieselfde vir elke bewerking, behalwe vir geringe verskille in die boonste grondlae. Carina het die hoogste graanopbrengs (1 571 kg ha−1) gelewer by wisselgangskottelegbewerking in 1992, terwyl Molen in 1993 die hoogste graanopbrengs (2 462 kg ha−1) gelewer het by vlerkskaarbewerking. Die wortelontwikkeling en biomassa gedurende 1992 en 1993 toon dieselfde tendens waar Carina die grootste wortellengte en -massa in 1992 gehad het, maar in 1993 het Scheepers 69 en Carina geen verskille ten opsigte van wortelontwikkeling en biomassa getoon nie. Geen afleiding ten opsigte van watter bewerkingsbehandeling die wortelontwikkeling bevoordeel kan gemaak word nie. Die resultate dui wel daarop dat kultivars ten opsigte van vroeëwortelont-wikkeling verskil.

 

点击下载:  PDF (356KB)



返 回