首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand van aartappels soos beïnvloed deur waterst...
Fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand van aartappels soos beïnvloed deur waterstremming

 

作者: du PlessisH.F.,   SteynJ.M.,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1995)
卷期: Volume 12, issue 4  

页码: 143-146

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1995

 

DOI:10.1080/02571862.1995.10634354

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Photosynthetic rate;stomatal diffusive resistance;water stress

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Die invloed van waterstremming in aartappelplante op netto fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand is tydens 'n herfsaanplanting ondersoek. Watertoediening is op 14, 28 en 42 dae na opkom gestaak om sodoende verskillende waterstremmingsperiodes tydens die groeiseisoen toe te pas. Hierdie Studie is onder 'n outomaties-beweegbare reënskerm uitgevoer. Die plante waarvan water vir die kortste periode weerhou is, het deurgaans die hoogste gemiddelde fotosintesetempo gehandhaaf. Direk na die weerhouding van water het die fotosintesetempo van al die behandelings begin daal, terwyl stomatadiffusieweerstand begin toeneem het. Tydens hierdie ondersoek is gevind dat die gemiddelde fotosintesetempo gedurende die groeiseisoen goed gekorreleer het (r= 0.95) met totale opbrengs. Die gemiddelde fotosintesetempo het 'n negatiewe lineêre verband (r=−0.88) met gemiddelde grondwateronttrekking getoon. Uit hierdie Studie het dit geblyk dat beide fotosintesa en stomatadiffusieweerstand as goeie indikators van waterstremming kan dien.

 

点击下载:  PDF (262KB)



返 回