首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Swawelfraksies, -verhoudings en -verwantskappe in geselekteerde onversteurde en bewerkt...
Swawelfraksies, -verhoudings en -verwantskappe in geselekteerde onversteurde en bewerkte Suid-Afrikaanse gronde

 

作者: du ToitM.C.,   du PreezC.C.,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1995)
卷期: Volume 12, issue 1  

页码: 11-19

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1995

 

DOI:10.1080/02571862.1995.10634328

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Inorganic sulphur;mineralizable sulphur;organic sulphur;plant-available sulphur;total sulphur

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Die negatiewe invloed van bewerking op organiese materiaal in gronde en 'n groot afname in die eksterne insette van S het die vraag laat ontstaan of die swawelstatus van Suid-Afrikaanse gronde voldoende is om volhoubare gewasproduksie te verseker. Bewerkte en naasliggende ekwivalente onversteurde bogronde (0–200 mm) is by 50 lokaliteite, verspreid in die somerreënvalgebied (25°–30°S en 24°–30°0), gemonster. Die lokaliteite is geselekteerom 'n groot variasie in klimaatstoestande, grondeienskappe en bewerkingsperiodeste verkry. Totale, anorganiese en mineraliseerbare S is bepaal en organiese S bereken as die verskil tussen totale en anorganiese S, en plantbeskikbare S as die som van anorganiese en mineraliseerbare S. Totale S het met tussen 4 en 70% afgeneem asgevolg van bewerking, met die onversteurde gronde as verwysing. Daarwas gem id- deld 40% meer anorganiese S in die bewerkte gronde as in die onversteurde gronde. Die afname in totale S word toegeskryf aan versneide mineralisasie van organiese S. In bewerkte gronde het daar gemiddeld 30% meer S gemineraliseer as in die onversteurde gronde. Dus bevat die bewerkte gronde meer plantbeskikbare S as die onversteurde gronde. Die verhoudings van C:S, N:S en C:N:S het afgeneem met bewerking. Organiese C, totale N, fynslik-plus-kleiinhoud en ariditeitsindeks het goed gekorreleer met die verskillende fraksies van S van beide die onversteurde en bewerkte gronde. Dit blykdat bewerking die organiese S reserwe mettertyd sókan uitput dat tekorte na 'n lang bewerkingstyd mag voorkom.

 

点击下载:  PDF (640KB)



返 回