首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Rol van tekorte aan sekere makro-elemente by verdraagsaamheid van mielies (Zea maysL.) ...
Rol van tekorte aan sekere makro-elemente by verdraagsaamheid van mielies (Zea maysL.) teenoor atrasien

 

作者: ReinhardtC.F.,   NelP.C.,   VermeulenN.M.J.,   ApostolidesZ.,   PotgieterD.J.J.,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1986)
卷期: Volume 3, issue 3  

页码: 130-134

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1986

 

DOI:10.1080/02571862.1986.10634207

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Atrazine;macronutrients;maize;phytotoxicity

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Die verdraagsaamheid van mieliesaailinge (Zea maysL. kv SSM2041) teenoor atrasien is in 'n glashuis ondersoek. Plante is in potte gekweek, in voedingsoplossings met tekorte aan sekere makro-elemente. Atrasien in die voedingsoplossings is periodiek bepaal met behulp van hoëdrukvloeistofchromatografie. Tekorte aan N, P, K, Ca en Mg, afsonderlik of in sekere kombinasies, het oor die algemeen groot verskille in groei by plante van kontrolebehandelings (0 mg dm−3atrasien) veroorsaak. Die meer groeikragtige plante was oor die algemeen minder verdraagsaam teenoor atrasien. Nogtans was daar by bepaalde atrasienpeile (6 en 12 mg dm−3) nie betekenisvolle verskille in groei tussen plante van verskillende voedingsoplossings nie. Dit blyk dat groeibeperkende vlakke van bogenoemde makro-elemente nie die verdraagsaamheid van mieliesaailinge teenoor atrasien betekenisvol beïnvloed nie. Daar was wel 'n neiging tot laer verdraagsaamheid by plante wat 'n tekort aan Mg ondervind het. Dit hou waarskynlik verband met die belangrikheid van Mg in die struktuur van chlorofilmolekule, en die feit dat atrasien fotosintese inhibeer. Atrasienbepalings het getoon dat slegs 20–40% van die oorspronklik toegediende atrasien na 28 dae in die voedingsoplossings teenwoordig was. Dit het goed verband gehou met droëmateriaalopbrengste van die besondere behandelings.S.-Afr. Tydskr. Plant Grond1986, 3: 130–134

 

点击下载:  PDF (375KB)



返 回