首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Die invloed van fosfor, nitraat en ammonium op die opname en vervoer van stikstof en fo...
Die invloed van fosfor, nitraat en ammonium op die opname en vervoer van stikstof en fosfor en op die groei van koring

 

作者: ClaassensA.S.,   FölscherW.J.,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1985)
卷期: Volume 2, issue 3  

页码: 141-145

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1985

 

DOI:10.1080/02571862.1985.10634155

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Nitrogen;N uptake;phosphorus;P uptake;P toxicity;wheat.

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

In 'n waterkultuureksperiment met koring is die invloed van verskillende P-toedienings (0,02 tot 5,0 me H2PO4dm−3) en van verskillende NH4:NO3-verhoudings (0:15 tot 12:3) met 'n Hoagland-voedingsoplossing (no. 2) as kontrole bestudeer. Normale groei is reeds by 'n laer P-voorsiening (0,2 me dm−3) as die kontrole (1,0 me dm−3) verkry. Die hoogste P-voor-sieningsvlakke het opbrengs verlaag by die laagste NH4: NO3-verhoudings. Beter opbrengs is verkry met intermediäre NH4:NO3-verhoudings, waarvoor hoër P-voorsiening noodsaaklik was. By hoëP-voorsiening het chlorose-simptome tussen die blaarnerwe voorgekom wat vererger het met hoër NH4:NO3-verhoudings. Plantontledings dui daarop dat behalwe by die hoogste NH4: NO3-verhouding, die chlorose-simptome toegeneem het met hoër P-status in die bogroei. Die teenoorge- stelde tendens het ten opsigte van die P-status in wortels voorgekom. By hoëP-voorsiening is dit moontlik dat NO3die vervoer van P vanuit die wortels na die bogroei verminder en gevolglik die simptome wat met hoëP-status in die bogroei geassosieer word, verminder. Die N-status van die bogroei het verhoog van die laagste na die hoër P-voorsiening. Hierdie verhoging was meer wanneer slegs NO3voorsien is, as wanneer NH4en NO3voorsien is. Hieruit is afgelei dat P-voorsiening minder kritiek is vir N-opname as beide NH4en NO3voorsien word.S.-Afr. Tydskr. Plant Grond1985, 2: 141−145

 

点击下载:  PDF (379KB)



返 回