首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Die invloed van verskillende waterregimes op Up-to-date aartappels I. Vegetatiewe ontwi...
Die invloed van verskillende waterregimes op Up-to-date aartappels I. Vegetatiewe ontwikkeling, fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand

 

作者: SteynJ.M.,   du PlessisH.F.,   NortjéP.F.,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1992)
卷期: Volume 9, issue 3  

页码: 113-117

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1992

 

DOI:10.1080/02571862.1992.10634613

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Irrigation regime;photosynthetic rate;plant development;Solanum tuberosum;stomatal diffusive resistance

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Drie grondwaterregimes (20, 50 en 70% onttrekking van plantbeskikbare water) is gedurende herfsaanplan- tings in 1987 en 1988 op Up-to-date aartappels toegepas om die invloed daarvan op groei en ontwikkeling te ondersoek. Twee fisiologiese parameters van plantwaterstremming, naamlik, fotosintesetempo en stomatadiffusieweerstand, is gedurende die 1988 groeiseisoen gemonitor. Vegetatiewe ontwikkeling is deur waterstremming vertraag en al die groeikomponente van veral die 70% onttrekkingsregime is negatief beïnvloed. Plante van die 20% regime het hoër gemiddelde fotosintesetempo's as gestremde plante getoon. 'n Betekenisvolle positiewe korrelasie (R2= 0.83) is tussen totale opbrengs en gemiddelde fotosintesetempo deur die groeiseisoen verkry. Stomataweerstand, sowel as fotosintesetempo, het as goeie indikators vir die voorkoms van plantwaterstremming gedien. Gemiddelde stomataweerstand het 'n negatiewe korrelasie (R2= 0.88) teenoor totale opbrengs getoon.

 

点击下载:  PDF (375KB)



返 回