首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Kwantifisering van die opname van atmosferiese en grond-N deur sojabone [Glycine max(L....
Kwantifisering van die opname van atmosferiese en grond-N deur sojabone [Glycine max(L.) Merrill] uit15N-verrykte grond

 

作者: BothaA.D. P.,   PretoriusD.C.,   BienkowskiJ.F.,   CoetzerR.L.J.,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1996)
卷期: Volume 13, issue 4  

页码: 139-146

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1996

 

DOI:10.1080/02571862.1996.10634391

 

出版商: Taylor&Francis Group

 

关键词: Atmospheric N;15N;nitrogen uptake;soil N;soya beans

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

Die doel met hierdie ondersoek was om die atmosferiese en grondstikstofopname deur die groeiseisoen van sojabone vas te stei, te bepaal in watter plantdele die N afkomstig van die twee bronne versamel, of dit later na die saad getranslokeer word en of 'n nie-nodulerende kultivar as verwysingsplant gebruik kan word om met vertroue die atmosferiese N-binding te bepaal. 'n Potproef met drie nodulerende en een nie-nodulerende sojaboonkultivar is uitgevoer. Die grond-N is vooraf met15N verryk en gestabiliseer. Plante is op vol-blom, peulvorming, peulvul en met oesrypheid gemonsteren vir totale N en15N ontleed. Gedurende die eerste 5–6 weke na opkoms is die beskikbare grond-N vir vegetatiewe groei benut. Na nodulering en gedurende die reproduserende fase het biologiese N-binding versnel om 'n piek 10 weke na opkoms te bereik. Met peulvul het die biologiese N-binding afgeneem om teen 'n lae, konstante tempo atmosferiese N te bind. Die opname van grond-N is in hierdie stadium minimaal en N is uit die vegetatiewe dele na die peule en saad getranslokeer. Ongeveer twee-derdes van die N in die plante en sowat 80% in die peule en sade is van atmosferiese oorsprong. In vergelyking met die15N-isotooptegniek, het die konvensionele metode N-binding onderskat.

 

点击下载:  PDF (630KB)



返 回