首页   按字顺浏览 期刊浏览 卷期浏览 Invloed van15NH4-N wat op vier groeistadia teen vier peile toegedien is, op di N-samest...
Invloed van15NH4-N wat op vier groeistadia teen vier peile toegedien is, op di N-samestelling en opbrengs van sojabone [Glycine max(L.) Merrill]

 

作者: A.D.P. Botha,   D.C. Pretorius,   R.L.J. Coetzer,  

 

期刊: South African Journal of Plant and Soil  (Taylor Available online 1997)
卷期: Volume 14, issue 1  

页码: 31-37

 

ISSN:0257-1862

 

年代: 1997

 

DOI:10.1080/02571862.1997.10635077

 

出版商: Taylor & Francis Group

 

关键词: N fixation;15NH4;soyabean;uptake;utilization

 

数据来源: Taylor

 

摘要:

'n Potproef is onder temperatuur-gekontroleerde toestande in 'n glashuis onderneem met 'n fynsandgrond wat aanvanklik vry van rhizobium bakterieë was.Glycine max(L.) Merrill (kultivar Prima) is met 'n mengsel van twee bekende rasse vanBradyrhizobium japonicumgei'nokuleer. Die invloed van vier peile (0, 10, 20 en 40 kg N ha−1) gemerkte15NH4-N wat gedurende vier groeistadia (V1, R2, R4 en R5) toegedien is op die opbrengs en N- samestelling van sojaboonsaad is ondersoek. Die aantal peule, sade en biomassa van die plantdele is bepaal. Stikstoffraksies wat in die bogrondse plantdele en saad uit die grond en kunsmis benut en simbioties gebind is, is met die isotooptegniek bepaal. Die aantal peule, sade, blaar- en saadmassa, totale N en proteïenproduksie is met N-bemesting in die V1-groeistadium, verhoog. Stikstof wat in die R2-groeistadium toegedien is het min effek op saad-opbrengs en proteïengehalte. Toediening van N gedurende die R4-groeistadium, wanneer atmos- feriese N aktief gebind word, het saadopbrengs, biologiese N-binding, grond-N-opname en proteïenproduksie onderdruk. Die saadmassa en proteïenproduksie is met N-toedienings in die R5-groeistadium ook verhoog. Hoër N-peile, toegedien in die V1- en R5-groeistadia, het blaar-, saad- en totale bogrondmassa laat toeneem. Ongeag die N-peil, het latere toedienings die misstofgebruikseffektiwiteit in die saad verbeter.

 

点击下载:  PDF (470KB)



返 回