摘要:
Die koleoptielgroei van ses koringkultivars waarvan die saad behandel is met triadimenol en karboksien is onder gekontroleerde toestande gemeet. Onder veldtoestande is twee kultivars wat met dieselfde saadbehandelingsmiddels behandel is, by twee plantdieptes vergelyk. Met triadimenol is korter koleoptiellengtes verkry by sommige kultivars, terwyl karboksien die teenoorgestelde invloed gehad het. Net so het triadimenol ook 'n groter nadelige invloed op opkom as karboksien getoon. Dit is nie in die graanopbrengs weerspieël nie.
ISSN:0257-1862
DOI:10.1080/02571862.1986.10634199
出版商:Taylor&Francis Group
年代:1986
数据来源: Taylor